Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Landbou Boerekos

Landbou Boerekos

Herfs & Winter 2026
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

GENADEWATER • ’n Groen landskap en plate water langs die pad is nie iets wat jy dikwels sien as jy die lang reguit pad tussen Bloemfontein en Beaufort-Wes deur die Karoo ry nie.

OOR SKAAPSKEER EN ONTHOU • ‘Wat saakmaak in die lewe is nie wat met jou gebeur nie, maar eerder wat jy onthou, en hoe jy dit onthou,’ was die gerekende mening van Gabriel García Márquez, die bekende Colombiaanse skrywer van sulke meesterstukke soos One Hundred Years of Solitude.

Só sê ons lesers • Om julle briewe te lees bly die lekkerste deel van elke nuwe uitgawe van Boerekos wat verskyn. Hou asseblief aan om vir ons te skryf en te laat weet waarvan julle hou en waarvan julle meer wil sien.

Kostoer deur die KAROO

Van lamsvleis in Loxton tot knypkoek in die Kamdeboo… • Klim in en ry saam met ons op soek na die beste streekskos, familieresepte, inloerplekke en Karoo-karakters.

Tapas uit Karookombuise • Die geurige skaapvleis van die Karoo vra min – dalk net sout, peper en ’n paar druppels asyn of suurlemoensap. Agt voorslagvroue van Hanover het tydens ’n onlangse gemeenskapsfees gewys watter voortreflike tapasstyl geregte ’n mens uit elke denkbare skaapvleissnit kan optower.

Wildsvleisvir diewinter • Nuwe idees met die seisoen se wildsvleis is altyd in aanvraag. As jy gelukkig genoeg is om wildsvleis te hê ná die jagtyd, span dit hierdie winter in vir tradisionele treffers of moderne kuierkos.

Marie se manna • Met gebed en genade en ’n ingebore aanvoeling vir kos het Marie Brümm, ’n plaasmeisie van Hanover, binne twee jaar ontluik van laerskooljuffrou tot skrywer en uitgewer van ’n topverkoper én kossmaakmaker van 2026.

Dis nie vleis nie, dis ’n nalatenskap • Vanuit die hartjie van die Karoo, waar skaapboerdery al geslagte lank deel is van die dorre landskap, bring vyf boere nou hul gesonde, hormoonvrye veldvleis direk na verbruikers se borde – en wys hulle hoe om die beste uit die vleis te haal.

Van pannekoek tot die Kokkedoor-kroon • ’n Mens kan nie die heldergeel padstal in die Groot-Karoo miskyk nie. Hier, aan die voet van die Kamdeboo-berg, is waar Hanna en Dirk van der Westhuizen hulself hart en siel in die kombuis uitleef. En hul talent het kykers tydens die onlangse Kokkedoor: Son & see-reeks verstom.

Karoo-kookboek vir die volgende geslag • Soms begin ’n groot projek met ’n klein gebaar – soos om ’n ou resepteboek op ’n kombuistafel oop te slaan.

Kosmandeel klassieke Karootreffers • Die dramaturg en kosskrywer Tony Jackman se Karookookboek lees soos ’n storieboek. Jy sal elke woord op jou tong proe en jou verbeel jy kan die potte groenvyekonfyt in die kombuis hoor prut en die lamsboud ruik wat in sy oond rooster.

’n Teugie van die KAROO • Wat as jy die Karoo kon drink? Dawid en Karlien de Wet, gesoute reisigers wat rus vir hul rondlopersiele op Graaff-Reinet gevind het, het probeer om die droë asem van die Karoo saam met die sweem van bossieveld vas te vang in hul eksklusiewe Afrikanis-rum.

’n Pure Karoo-skoot

OP DIE PLAAS

Boer met ’n plan, nie met hoop nie • ’n Groenteboer is uitgelewer aan die mark se bokspronge, daarom glo Johnny Hertzog, wat met onder meer botterskorsie en pampoen boer, om éérs ’n klant en aanvaarbare prys vas te maak voor hy die grond begin bewerk.

Boontjie kry sy loontjie • Gideon Anderson van Middelburg se pad het al in sy studentejare met dié van droëbone gekruis, nog voor hy homself voltyds ’n boer kon noem. Vandag, meer as drie dekades...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans