Huisgenoot is vanjaar 100 jaar oud – en om dit te vier, het ons ’n pragtige gedenkboek saamgestel waarin ons terugkyk op die grootste nuusgebeure van die afgelope eeu, die glansmense wat ons gefassineer het, en al die jare van lag en trane. Nie net sal jy heerlik lees aan hierdie versamelaarsuitgawe nie; jy sal dit ook wil bewaar as ’n dokument van ons tyd.
’N EEU SE DANKIE
GEAGTE REDAKTEUR • Sedert Huisgenoot se brieweblad in die 1950’s begin verskyn het, het ons possak (en deesdae ons inboks) elke week gebult van lesers se kletspraatjies, klagtes, kommentaar en gekskeerdery. Dié briewe vertel almal iets van die tyd waarin hulle geplaas is
AITSA, ANNELINE!
100 TYD genoot • DIE BEGIN Jy kan nie 100 jaar sommerso opsom nie. Hier in TYDGENOOT probeer ons nietemin oomblikke in Huisgenoot se eerste eeu vasvang – en hoe ons geskryf het oor gebeure wat die land en wêreld se geskiedenis help vorm het
RAMPE VAN PYN & SMART • Lesers is telkens geruk deur die onbeskryflike verwoesting en hartseer wat katastrofes in Suid-Afrika en elders gesaai het
EN TOE WAS DIT OORLOG • Die afgelope eeu het daar byna altyd iewers op die planeet konflik en gewapende stryd geheers – en Huisgenoot het dit saam met ons lesers meegemaak
STAATSHOOFDE – NIE ALTYD SEDIG OF SOET! • Van Huisgenoot se opspraakwekkendste voorblaaie, en ook van dié wat die langste onthou sal word, is deur ons staatshoofde opgelewer – en deur die jare het hul persoonlike lewe ook nuus gemaak
ONS TATA, ONS HELD • Met sy grasie en wysheid het Nelson Mandela nie net die harte van Suid-Afrikaners nie, maar die hele wêreld verower
ONS NOBEL-WENNERS
PROFESSOR VAN HARTE • Chris Barnard het gesorg dat lewens oor die wêreld heen gered word – maar hy’t ook ’n paar ander lewens vir altyd verander!
SO WAAR AS VET! • Wie sal ooit vir Careltjie van Aswegen vergeet? Of die vrolike Teighlor, wat graag sonder klere in al haar potjierol-glorie poseer het? Ons onthou die merkwaardige verhale van die superswares
‘DOK’, GEE MY KRAG & RAAD! • Tromp was ’n spiertier, geneser en troos-oom, sommer als in een
LANK LEWE (BLINDE) LIEFDE! • Hierdie paartjies het die tonge hard laat klap – hul opspraakwekkende liefdespaadjies het soms ontroer en soms die oë laat rek
OOS OF WES, BLES WAS BES • Nie eens ’n reuse-skandaal kon dié sanger se gewildheid demp nie
PIETMY-LIEF • Party het met die oudminister die spot gedryf, maar ander was ontroer deur sy najaarsliefde
OSCAR: DIE PYNVRAAG BLY • Dis ’n verhaal wat soos ’n Hollywood-draaiboek lees – en waarin daar net verloorders is
GRUDADE OP DIE LAPPE • Dié moorde en ander misdade het lesers van die skok regop laat sit nadat dit in die nuus ontplof het
NOG MISDADE WAT BY ONS SPOOK
MANNE MET DIE SKELM PLANNE • ‘n Mens kan nie glo watter slinkse skemas al bedink is om onskuldige mense in te loop nie – soms met katastrofiese gevolge
‘SO MOES DIT GEVOEL HET’ • Hoog in die lug op ’n vliegtuig se vlerk, diep onder die grond in ’n donker grot – onverskrokke Huisgenoot-joernaliste het al dikwels aan eie bas gaan ervaar wat nuusmakers moes deurmaak
GESIG VAN TERREUR • New York, Parys, Lockerbie, Pretoria . . . sinnelose geweld het al ondenkbare ellende gesaai
DEUR DIE HEL VAN ONTVOERING • SA het deur die jare gyselaarsdramas beleef wat ons met spanning vervul het, maar ook met ontsag vir die onblusbare menslike gees
BROSE PIKKIES SE ROERENDE VERHALE • Van die talle kinders met ongewone verhale oor wie Huisgenoot al geskryf het, het dié klompie lesers die meeste aangegryp
AS ‘ANDERS’ ’N MENS LAAT HUIL • Deur die jare is lesers diep geroer deur deernisvolle stories oor mense wat aan die lewe se kortste end trek – dink maar aan die Olifantman, die man wat...